Blog

Artists

Namaqualand and the Richtersveld are home to a number of talented artists, who are drawn to the region’s unique landscape and its rich cultural heritage.

With this site Some of the most well-known artists from this region will be introduced to you

Dis ‘n Lemoen saak

My meisiekind raak mos vreeslik moerig vir onregverdigheid en seunskinners wat die anner boelie.

Dan raak sy geheel handgemeen.

Nou ander dag pak ek mos vir haar n lemoen haar brood blik.
Net voor ons loop sien ek die oumens gooi die lemoen weer skelmpies terug.

Buite gekom vra ek. Nou eet jy da nie meer lemoen nie?
Ja pappie ek hou baie van lemoene , maar ek is bang ek gaan daai seunskind met my lemoen moer by die skool.

Sagte Enetjie

In die skool vandag. Doen die kinders vandag afrikaanse sinne.

My babatjie mos da ook. Laai ek vandag my meisiekind by die nasorg op.

Die juffrou kyk my met die lieflikste glimlag. Hoor die ander kleintjies begin ook liggies giggel onnermekaar.

Die kinders weet seker die juffrou het ‘n ogie vir my dink ek by myself.

Begin ek mos da om die juffrou n kaart skiet. Hak sy af “My Pa poep stink in die kamer.”

Antwoord ek mos da ook. Dis darem so my pa het ook gereeld synes gelos in die kamer. Nee meneer dis jou kind se sin in die afrikaanse klas.

Wil ek mos agterna weet by my meisiekind, nou hoekom nou so my tjeend?

“Daddy it was the only thing I could think about when she suddenly ask me to tell something about you”

Die Wonderlike Toilet

Gaan mos nou anner keer met n oom daar van Namakwaland hier by n kloung wat redelik welaf is kuier.

Nou hy is ingetrap met n huis vol ingevoerde gadgets en goeters.

Met al die opgewondenheid het my oom se gestel so bietjie ander stories begin vertel. Die skielike verandering in die lug tesame met die vreemde het sy maag bietjie omgekrap.

Help een van die kinders die oom toilet toe.

So vat die huis eienaar ons op toer deur sy huis.

So vyf minute later hoor ons die gil vanuit kleinhuisie se rigting. Agter die deur kan ek effe gedempte woorde hoor ” Jou ewige Stink #$&#@ se tjeend!

As ‘n Namakwalander weet jy wat dit beteken.

Storm ook in die rigting van toilet. Ook baie versigtig voel die deur. Dis nie gesluit en versigtig loer ek in.

Daar oppie oppie vloer sien ek die oom op sy sitvlak met broek ommie enkels .

Met n ongemaklike kyk in sy oë grom hy net. Ewige sleg etter se toilet. Sal hy da nou soos n spoe slang my van onder benader en amper my kroon juwele se lewe beeindig.

Moet ek mos by die huisbaas hoor hy het een van daai tegnologie gevorderde japenese toiletpotte ingesit.

Dis die een met die klomp knoppe wat jy druk en da doen dit alles vir jou.

Die Storie van Beauvallon

Soos vertel deur Chalwyn Thomas

Wanneer jy vanaf Port Nolloth in die Noord-Kaap die R382 kusroete vat tot by Alexanderbaai, en jy draai regs op die grondpad wat verby die vliegveld loop is jy oppad na Kanaän het die oom my gesê. Jy ry al teen die rivier langs, verby Ariesdrift die plaas van die Ruppinke (Rupping), tot by die land van melk en heuning met die naam Beauvallon. Hierdie spog boerplaas se naam is eg Frans (Beau- Pragtig – Vallon- Valei) wat pragtige vallei beteken. Volgens MG Scholtz is die plaas in 1928 deur haar man vir die prys van 1 pond in daardie tyd R2 per morg (±2500 vierkante meter) aangekoop. In 1950 het sy ‘n gedeelte van die plaas Beauvallon, 600 morg (± 1,5 miljoen vierkante meter) of 514 hektaar aan CDM verkoop. Op hierdie spog boerplaas het menige manne van die Richtersveld en die breë Namakwaland vir CDM (Consolidated Diamond Mines) gewerk en baie het ook daar gebly. Die plaas was selfversorgend en uiters produktief aangesien dit kos produseer het vir die werkers en vir die omliggende myndorpe. Neffens Beauvallon was daar nog ‘n kleiner plaas met die naam Spogplaas waar George Pollard die bestuurder gewoon het. Daar word vertel dat die plaas asook Beauvallon deel was van die plaas Grootderm en dat Pollard dit verander het na Spogplaas aangesien hy nie van die naam Grootderm gehou het nie. Dit is Spogplaas genoem aangesien die uitsig oor die Oranjerivier daarvandaan asemrowend was. As hy maar geweet het dat die oorspronklike San/Nama naam van die area Geigaib is wat neerkom op Gei – groot en /Gai-b – derm. Hierdie benaming het ontstaan van weë die feit dat die Oranjerivier se formasie of die baie draaie wat die rivier hier maak vir die mense gelyk het soos die grootderm van ‘n dier.

Ek wil egter nie hier praat oor Spogplaas of Grootderm nie, maar van Beauvallon toe George Pollard nog die bestuurder daar was, en sy broer Danie Pollard altyd langs hom gestaan het, soos ‘n skaduwee. Die Beauvallon waar Pollard die manne na willekeur gehire en gefire het met die woorde: “As jy by die Bontkoei inkom dan kom werk jy, en as jy nie wil werk nie en jou hardegat kom hou dan fok jy by die Bontkoei uit, en by CDM sal jy nooit weer werk kry nie”. Die Beauvallon waar Renier Engelbrecht soos ‘n wafferse baas arms gevou daar rond gestaan het en orders uitgedeel het, en die “stoepkeffer” Slangkop wat almal dop gehou het, en altyd op die stoep van Pollard se kantoor rond gedraai het.

Een van die manne in die Richtersveldt het op ‘n keer vir my gesê: “Die Here hoor my, ek vertel jou nie ‘n leuen nie. In Beauvallon het ons hierie attakwa aartappels uit die grond gehaal”. Die landbou grond daar teen die rivier is so vrugbaar dat alles wat daar groei in oorvloed is en van die grootste, langste, soetste en lekkerste is. Wanneer mense wat op hierdie plaas teen die oewer van die Oranjerivier in die Noord-Westelike hoek van ons land gewerk het, of gebly het praat, dan word alles in die oortreffende trap gedoen. As ons as kinders vir oompie Piet (Albertus Farmer) gevra het om ons te vertel van Beauvallon, het hy altyd gesê; “My suster se kênners. Dit is nie soos ek julle hier vertel nie. Dit is kom kyk”. Die grootte van die aartappels en uie wat daar verbou is word met ‘n wyd oopgesperde hand aangedui, die lengte van die wortels word met ‘n uitgestrekte arm vanaf die skouerknop tot by die punt van die middelvinger gewys, en wanneer daar van die pampoene en waatlemoene se grootte gepraat word, word die arms na weerskante uitgestrek. Hy vertel ons dat sy oom op ‘n dag by hul veepos aangekom het met ‘n fiets vanaf Beauvallon. Die eerste wat hulle kon sien toe die fiets oor ‘n sandduin kom was twee moerse groen goed. Hulle kon sien dat die man wat die fiets trap vrek swaar trap want sy vrag was swaar. Soos wat hy nader gekom het oupa Jakob van sy riempie stoel opgestaan, ‘n lang fluit gegee en gesê: “Kêrels julle sal moet nader loop en darie man loop help, want so waar as God sal hy nie met daardie vrag op sy “baaisekel” vandag die staning haal nie”. Toe hy by die werf stilhou en afgemat en vrek moeg van sy fiets afklim toe besef hulle dat dit twee kole was, wat vasgemaak was op die fiets. Hy vertel dat hy in sy lewe nog nooit sulke twee moerse kole gesien het nie, en hy het ook nie daarna in sy lewe weer sulke kole gesien nie.

Ja, op Beauvallon was daar van alles, en alles was volop. As jy lemoene soek, dit was daar. Avokadopere, spanspek, waatlemoene, perskes, druiwe, beet, wortels, aartappels, alles was daar. Om te oordryf wanneer daar oor Beauvallon se vrugte en groente gepraat word is die inding, want as jy nie oordryf nie dan laat jy nie reg geskied oor die plek nie. Jy moet dit vir die waarheid glo as ‘n man jou vertel hoe een patat wat uit die grond gehaal word genoeg was vir ‘n gesin van ses. Daar is baie min van die manne wat hier gewerk het wat kan sê dat hulle nooit ‘n perske of avokadopeer op ‘n onwettige manier van die bome afgetrek het nie. Hier by die oase langs die Oranjerivier was daar van alle diere wat daar op ‘n plaas moet wees. Daar was varke, beeste, volstruise, hoenders en selfs perde. Op die saailande was daar genoeg lusern, hawer en nog meer. Die mense wat daar gewerk het, het nie die grootste salarisse verdien nie, maar wat eetgoed, kos en sommer ook steelgoed betref, was alles in oorvloed.

Die mense wat op Beauvallon gebly het raak skoons liries as hulle vertel wat hulle alles as inwoners gekry het. Soggens het die lorrie van die dairy, wat in Oranjemund geleë was, kanne vars melk by die huise kom aflaai. Teen 10 uur in die oggend was jou vleis (beesvleis) kom aflaai. Vars vrugte en groente was iets wat elke Vrydag by elkeen se huis afgelewer is. Die groente was so baie dat jy later nie geweet het wat om daarmee te maak nie. Aan die einde van die maand het elke huishouding sy trommel groceries ontvang wat alles wat jy nodig het in die huis ingesluit het. Binne in daardie grocery trommel was vanaf peanut butter tot by kondensmelk. My skoonpa het my vertel dat hulle so baie gekry het dat hulle sommer net vir die lekkerte soms die kondensmelk uit die blik uit gedrink het. Van die vroue het vir die manne by die mash elke dag loop kos maak en van darie kos het ook sommer huis toe gekom om eet.

Vir die kinders was dit ‘n groot plesier om skool te kon gaan by die privaatskool wat daar was. Groot meester Jonker was die skoolhoof en hy was ook die Wiskunde onderwyser, wat jou gat ordentlik voor die skryfbord warm gemaak het as jy verkeerd werk. Die ander onderwysers wat ook daar skool gehou het en help bou het aan die kinders se toekoms was klein meester Jonker die broer van Groot meester, juffrou Miemie Thomas asook juffrou Bettie Smith. Op Woensdae het juffrou Oberholtser vanuit Oranjemund gekom om vir die kinders biblioteek te kom aanbied, sodat hulle ‘n liefde vir lees kon aanleer. Groot meester Jonker se vrou, suster Jonker wie ‘n liefdevolle en sagte vrou was, was die suster by die kliniek. Kinders het elke dag melk en joghurt by die skool gekry, gratis en verniet soos die man gesê het. Teen September was daar altyd ‘n sportdag gehou by die skool, waar die kinders hulle sport talent op die rugbyveld, atletiek en netbal bane kon ten toon stel.

Teen einde Oktober het al die mammas met die bus oorgegaan na Oranjemund om geskenke en klere vir hul kinders vir Krismis te gaan uitsit. Teen middel Desember is almal met die bus oorgevat na Oranjemund waar daar ‘n pretdag vir die werkers en hul gesinne gereël was. Daar was stalletjies en selfs ‘n Merry Go Round (Swings) en dit was ook die plek waar die kinders hul geskenpakkies en lekkergoed gekry het. Vir die tieners was daar ‘n spesiale partytjie gereël waar hulle kon dans en sommer net lekker met hul maats kon kuier. Almal vertel met heimwee in hulle stemme van die lekker tye wat hulle op Beauvallon gehad het.

Die inwoners van Beauvallon het almal mekaar geken aangesien dit ‘n geslote gemeenskap was. Om daar te kon woon moes jy daar gewerk het. Hulle het mekaar leer ken deur die nommer van die huis waar elkeen gewoon het, want daar word altyd verwys na hierie en dourie een wat in huis nommer so en so gewoon het. Dit is vandag nog baie interessant dat mense jou presies die nommers van die huise kan gee waar elkeen gewoon het. Dan was daar ook die winkel van meester Gerald Langeveldt waar jy van alles en nog wat kon gaan koop. Terwyl ouers besig was met hulle dagtake kon die kinders na hartelus gaan speel in die parkie wat daar naby Meester Jonker se huis was sonder dat hulle ouers enigsins bekommerd hoef te gewees het oor hul veiligheid. Beauvallon was vir die mense wat daar gebly het ‘n woning en ‘n tuiste, waar baie van hulle kinders gebore en groot geraak het. Dit was die plek waar daar in mekaar se lief en leed gedeel is en waar daar deur die jare herinneringe opgebou is. Dit is waar toekoms lewens maats ontmoet is en waar daar gedans en gekuier is tot die stof staan. Soos die antie gesê het: “Beauvallon, my Beauvallon, oesie Beauvallon, da’ mis ons jou darem van hier binne oesie harte uit. My kênd daar in darie plek het ons gelewe”.

Toe George Pollard klaar maak op Beauvallon as bestuurder het hy ‘n voorspelling aan die werkers gemaak wat ongelukkig waar geword het. Hy het gesê dat hy by die einde van sy pad op Beauvallon gekom het, en dat die lekkerte wat daar geniet was ook nou tot ‘n end sal kom. Hy het gesê dat daar ‘n Engelse Jood met die van Rickstein by hom sal oorneem en dat hierdie man die meeste van die werkers se voorrregte en voordele sal wegvat. Verder het hy gesê dat baie van hulle afgelos sal word aangesien Rickstein die werk sal laat doen deur masjiene. Hy het verder gesê dat wanneer hy vir die laaste keer by die Bontkoei sal uitry sal Beauvallon ‘n stadige dood sterf.

In 2001 toe ek vir die eerste keer my voete op die grond van Beauvallon sit was ek geskok, want ek het met ‘n verwagting van dit wat aan my vertel was van die plek soontoe gegaan. Wat my begroet het was ‘n bouvallige plaas met ‘n paar lemoenbome en ‘n paar volstruise. Die eens spogplaas was nie eers ‘n skaduwee van dit wat dit eens was nie. Die Kanaän, die plek van melk heuning, die pragtige valleI met die naam Beauvallon was nie meer daar nie. Daar is egter op hierdie stadium planne in die pyplyn om hierdie oase op die oewer van die Groot Rivier te laat herrys en herlewe tot sy voormalige prag en voorspoed. Daar word huidiglik weer aartappels, lusern en ander gewasse verbou.

Stories

The Richtersveld and Namaqualand are regions located in the northern parts of South Africa, near the border with Namibia. Both regions are known for their unique landscapes, diverse flora and fauna, and rich cultural heritage.

The Richtersveld is a mountainous desert region, characterized by dramatic rock formations and rugged terrain. It is home to the Nama people, who have lived in the region for thousands of years and have developed a deep connection to the land. The Nama people are known for their unique language, culture, and traditional knowledge of the environment. They have a strong spiritual connection to the land and believe that all living things are interconnected.

Namaqualand is a semi-desert region, characterized by its arid landscape and vibrant wildflowers. It is also home to the Nama people, who have a rich history and cultural heritage in the area. The Nama people have a rich tradition of storytelling, which has been passed down from generation to generation.

These stories often involve the natural environment and are used to teach important lessons and morals.

There are many ancient stories associated with both the Richtersveld and Namaqualand. For example, the Nama believe that the mountains in the Richtersveld were created by a giant serpent that slithered across the landscape, leaving behind its tracks. They also tell stories about a magical water spirit called the Nixie, who lives in the rivers and streams of the region and can bring good fortune to those who treat her with respect.

In Namaqualand, there are stories about the first people who inhabited the region and their interactions with the natural world.

These stories are an important part of the cultural heritage of the Richtersveld and Namaqualand and continue to be passed down through oral traditions today.

Introduction

Welcome to this website. The aim is too inspire enlighten and create opportunities for anyone willing to experience

something new. Trying to learn about and to preserve our culture for future generations.

As time goes on I will try to share with you many a stories, experiences and wisdom.

WP Radio
WP Radio
OFFLINE LIVE